ONS STEL BEKEND... Uitkomsgemeente, Potchefstroom
 

Ds. Hennie Steyn

Uitkomsgemeente wat Meimaand hul vierde bestaansjaar sal vier, is deur die Here geseën met ‘n pragtige, nuwe gebou. Hierdie gebou gaan amptelik aan die Here gewy word tydens ‘n feesvieringsgeleentheid op Sondag, 8 Februarie 2004.
Tydens dié geleentheid sal die nuwe leraar, Hennie Steyn, ook georden en bevestig word as herder van die gemeente. Uit die leraar se mond: Dit is vir my ‘n voorreg om as herder van sulke wonderlike mense te kan dien wat deur dik en dun, lag en huil, by jou staan en nie op die wa sit nie, maar saam met jou die wa trek.
Ook wil ons saam met ander kinders van die Here ‘n radikale verskil en verandering in die samelewing maak deur die opdrag waarmee Christus ons gestuur het, in woord en daad uit te leef, soos Joh. 13:35 dit so mooi stel: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

UITKOMSGEMEENTE
* Dit is ‘n familie in Jesus Christus aan wie Hy deur Sy kruisdood ‘n UITKOMS gegee het.
* Bied ‘n UITKOMS aan stukkende mense en hulle wat Jesus nie ken nie en Hom nodig het.
* Gee om en bied ‘n UITKOMS aan ander deur met liefde en dade na hulle uit te reik. SOLI DEO GLORIA!

Indeks     Index